Sunday, June 28, 2015

gedigte is eintlik maar net intieme korrespondensie, berigte of briewe aan enkelinge gerig

--- Breyten Breytenbach, in Klein Reis (ex Africa, ex nihil…), Versindaba, January 10th, 2014; datelined Gorée, October/November 2013

Context:

Desperate mense probeer vlug uit die ellende. . . . Ek wens ek kon vir jou sê ek weet hoe hierdie dinge werk – die angs, die aanvaarding, die byna klewerige weerstand wat verhoed dat mense afstand kan neem, die verskriklike kontradiksie (en dis ‘n verskrikking) dat die menselewe tegelyk die opperwaarde is en as van geen belang geag word nie. Dit waartoe ons in staat is, die dun lagie van wete (van self of van die ander)…  Al hoe meer dink ek gedigte is eintlik maar net intieme korrespondensie, berigte of briewe aan enkelinge gerig, en dat dit so gelees en ‘verstaan’ word. Eintlik is dit ook die enigste manier om die ander, die jek, te leer ken. Of deur die kors te breek. Terwyl ‘n narratief of ‘n verhaal tog meer gemeenskaplik is en ʼn huid oor die chaos span.